Sojabone Tegniese Inligting

Vermy die risiko van terughou saad en word beloon

Ons Missie - Your Satisfaction

Hier by Link Seed het ons ‘n puik reeks, wyd aangepasde sojaboon kultivars. So ‘n reeks is egter net volhoubaar deur toegewyde plantteling en navorsing en vir die voortsetting en handhawing daarvan is die jaarlikse verkope van basissaad produksies van uiterste belang.

Die terug hou van Sojasaad is ‘n algemene praktyk by meeste boere maar dit kan riskant wees. Sekere belangrike vereistes moet nagekom kan word.

  • Handhawing van genetiese suiwerheid
  • Gereelde landinspeksies t.o.v.:
    • Siektes
    • Suiwerheid
    • Vog
  • Stroperbeheer
  • Verwerking (skoon, onkruidvrye saad)
  • Stoor kondisies (Is daar geregistreerde stoor fasiliteite)
  • Saad hantering en voorkoming van vermenging

Deur jaarliks saad, geproduseer vanaf basissaad, aan te koop word hierdie risiko’s vermy, sal u as lojale kliënt beloon word en kan ons gereeld nuwe verbeterde kultivars aanbied.

Kontak jou naaste Link Seed Bemarker vir meer inligting rakende ons beloningsprogram.